Crystal Donna Roberts
Crystal Donna Roberts | |
Geboorte | Bloemfontein | 13 Oktober 1984
---|---|
Sterfte | 6 Maart 2025 (op 40) Kaapstad |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Toekennings | SAFTA-toekenning: Beste Aktrise, vir hoofrol in Krotoa. |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Crystal Donna Roberts (3 Oktober 1984 - 6 Maart 2025[1]), gebore in Bloemfontein en later woonagtig in Kaapstad, was 'n Suid-Afrikaanse aktrise en televisieaanbieder wat veral bekend is vir haar hoofrol wat sy in Krotoa (2017) vertolk het en waarvoor sy die SAFTA-toekenning vir beste aktrise in 2018 gewen het.
Vir televisiekykers is sy ook bekend vir die rol van die dwelmverslaafde, Janine, in die SABC2-sepie, 7de Laan en vir die aanbieding van die program Pasella.
Roberts het 'n B.A.-graad in Drama en Teaterkuns verwerf aan die Universiteit van die Vrystaat in 2005 en het sedertdien in verskeie verhoogproduksies verskyn, onder andere Little Shop of Horros, Romeo & Juliet: Unplugged, waarin sy die rol van Juliet vertolk het en Siener in die Suburbs, waarvan die regie deur Heinrich Reisenhofer behartig is.
In 2009 het sy 'n rol in die SABC2-sepie, 7de Laan, gekry en het ook die rol van Bijou in die SABC1-dramareeks, Montana, vertolk. In 2010 het sy die rol van Charmaine Willemse in die kykNET-dramareeks, Vallei van Sluiers, gekry.
Ander televisiereekse waarin sy gespeel het, sluit in Getroud Met Rugby (Seisoen 3 en 4), Die Boland Moorde, asook 'n rol in die misdraadreeks, Die Byl.
Roberts was ook in films soos Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (2010), Skeem, (2011), Chronicle (2012), The Endless River (2015), Tussen as en hoop (2016) en Krotoa (2017).
In 2018 het sy die rol van Liesl in die komediereeks op kykNET, Mense Mense, vertolk.
Persoonlike Lewe
[wysig | wysig bron]Crystal-Donna Roberts is met Schalk Cornelessen getroud in 2015. Op die ouderdom van 34 is Roberts met borskanker gediagnoseer en sy is op ouderdom 40 oorlede.[1][2][3][4]
Televisie
[wysig | wysig bron]- 7de Laan, vertolk die rol van Janine
- Arendsvlei, Seisoen 1 en 2, vertolk die rol van Janice Cupido (2018)
- Die Boland Moorde, vertolk die rol van Elmarie
- Die Byl, vertolk die rol van Evelyn
- Die Spreeus, vertolk die rol van Jenny (2019)
- Fynskrif, vertolk die rol van Thandi Ndlovu (2018)
- Mense Mense, vertolk die rol van Liesel Klein
- Montana, vertolk die rol van Bijou
- Pasella, aanbieder
- Projek Dina, vertolk die rol van Bonita
- Vallei van Sluiers, vertolk die rol van Charmaine Willemse (2010 en 2011)
- Die Suid-Afrikaanse Film en Televisietoekennings, aanbieder.
Film
[wysig | wysig bron]- Griekwastad, vertolk die rol van Tracey, 2020
- Liewe Lisa, vertolk die rol van Lara (2019)
- Our Albertinia, kortfilm, vertolk die rol van Inge Abrahams (2017)
- Krotoa, vertolk die rol van Krotoa (2017)
- Tussen as en hoop, vertolk die rol van Olivia (2016)
- The Endless River, vertolk die rol van Tiny Solomons (2015)
- Chronicle, vertolk die rol van Samantha (2012)
- Skeem, vertolk die rol van Pearl (2011)
- Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom, vertolk die rol van Charon (2010)
Teater
[wysig | wysig bron]- Siener in die Suburbs, vertolk die rol van Tiemie (2015)
- Bidsprinkaan, vertolk die rol van Katryn (2012, 2015)
- Rondomskrik, vertolk die rol van Antjie (2014)
- Kytie, ʼn Koos Kombuis Storie, vertolk die rol van Kytie (2012, 2013)
- Kanna, Hy Ko Hystoe, vertolk die rol van Kietie (2012, 2013)
- Altaar
- Romeo & Juliet, vertolk die rol van Juliet (2009)
- Little Shop of Horrors
Toekennings
[wysig | wysig bron]- SAFTA-toekenning: Beste Aktrise, vir die rolprent Krotoa (2017)
- Golden Lion-nominasie: Beste Aktrise, vir die rolprent The Endless River (2015)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Ohlson, Kelly-Lee. "Lewenslustige Crystal-Donna 'rustig in haar slaap oorlede'". Netwerk24. Besoek op 7 Maart 2025.
- ↑ Grobler, Carien (7 Maart 2025). "SA mourns Crystal-Donna Roberts: Beloved actress, presenter, and writer". The Citizen. Besoek op 7 Maart 2025.
- ↑ "'Skitterende ster' Crystal-Donna Roberts sterf". Maroela Media. 6 Maart 2025. Besoek op 7 Maart 2025.
- ↑ "SA actress Crystal-Donna Roberts has passed away following breast cancer battle". Woman and Home Magazine. 6 Maart 2025. Besoek op 7 Maart 2025.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Crystal-Donna Roberts | TVSA
- Crystal-Donna Roberts | Actress, Director
- Relationships | News24 Life
- [1]
- EKSKLUSIEF op SARIE.com: Crystal-Donna Roberts verloof! PLUS só lyk die ring
- PressReader.com - Digital Newspaper & Magazine Subscriptions
- #SAFTAs14 on Twitter
- https://www.brandsouthafrica.com/tag/crystal-donna-roberts